Ligstad Paasfees uitreik 2019.

Die Christendom het onlangs Paasfees gevier en die Ligstad kinders het deelgeneem aan hierdie baie spesiale geleentheid. Die Paasfees verrigtinge by Ligstad was afgeskop met Paasfees gesentreerde praatjie deur Tannie Hilda Herholdt. Daarna het die kinders paaseier skattejag gehou en hempies ontvang met ‘n baie spesiale boodskap op die rugkant gedruk: ”Jesus is the anchor of my Soul.” In ware Ligstad tradisie, het die kinders nie net ontvang nie, maar ook gegee. Bybels, paaseiers en hemde was uitgedeel aan lede van die Alberton Noord gemeenskap, om hulle ook daaraan te herinner dat ons altyd vas ge-anker moet bly in die Here, wie ons só lief gehad het, dat hy sy eie lewe prys gegee om ons te red. ‘n Spesiale dankie moet weereens gaan aan Spectrum Screen Print in Alberton Noord vir die druk van ons hempies, sowel as die paaseiers wat geskenk was deur Laerskool Randhart. Ons hoop almal in Alberton het ‘n wonderlike Paasfees ervaar!!

Leave a Comment

Translate »