Na-Skool Kers-partytjie 2018.

Die lewe by Ligstad is soos ‘n suig-lekkertjie, soms taai, maar ook lekker soet. Na ‘n jaar se harde werk kan die Ligstad kinders ook dinge bietjie rustiger begin vat. Om die einde van ‘n suksesvolle 2018 af te sluit, het ons vir die kinders ‘n Kerspartytjie gereël. Ons vriende by Johnny’s caterer’s het ons kom bederf met ‘n heerlike maaltyd. Tannie Hilda Herholdt het die Kersverhaal met die kinders gedeel en daarna het die kinders hul Kersfees geskenkies ontvang. Hierdie jaar was ons geseënd gewees om die hulp van Kerri Goncalves sowel as haar kliënte en vriende te ontvang. Kerri het ons gehelp om genoeg fondse in te samel, om ons kinders met ‘n Kerspartytjie en geskenkies te bederf. Die Here was baie goed gewees vir ons hierdie jaar en dit was lekker om die jaar op so ‘n gepaste wyse af te sluit. Namens almal by Ligstad, wens ons almal ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

Leave a Comment

Translate »