Vrywilligerbederf 2018.

Dit was ‘n voorreg om Ligstad se vrywilligers tydens ‘n ontbytgeleentheid 7 Junie 2018 by De Landauer Restaurant te bederf.  Dit was die tweede jaar wat so ‘n funksie gereel is om die vrywilligers van Ligstad te bedank vir hulle harde werk deur die jaar.

Tydens die geleentheid is daar aan elke vrywilliger ‘n klein geskenkie oorhandig.  Pragtige houtsleutelhouers is deur Deon Schutte van Laserland aan Ligstad geskenk en elke vrywilliger het een ontvang saam met ‘n persoonlike dankiekaartjie.

Daar is simboliek verbonde aan die sleutelhouer wat vir elkeen gegee is:

  • Sleutels is belangrike items want dit sluit oop en dit hou gevaar buite wanneer ons dit gebruik om toe te sluit.
  • Simbolies sluit die vrywilliger se tyd en hul mensewees wat hulle met ons deel, geleenthede oop vir die kinders en bejaardes wat hulle bedien. Geleenthede wat hulle nie sou gehad het as elke vrywilliger nie hier was om dit te ontsluit nie.
  • ‘n Sleutel op sy eie kan maklik verlore raak, maar as ek die sleutel aan ‘n sleutelhouer sit, is dit maklik identifiseerbaar as ‘n sleutel wat gebruik word en die sleutelhouer stel ons in staat om te weet presies waar ons die sleutel moet gebruik.
  • Die vrywilligers het gekies om hul sleutels aan Ligstad se sleutelhouer te verbind en daarvoor is Ligstad baie dankbaar.
  • Die vrywilligers en personeel van Ligstad vorm ‘n eenheid in Jesus se sleutelhouer sodat elkeen sy/haar spesifieke werk kan doen hier by Ligstad waarvoor elkeen geroep is.

Mag elkeen wat voorheen as vrywilliger by Ligstad gedien het en die wat tans dien en nog gaan dien goeie herrinneringe koester van hule tyd as Ligstad vrywilliger.  Die vrywilligers is die rugraat van Ligstad en Ligstad dank God vir elkeen van hulle.

Indien jy as vrywilliger wil inskakel is jy welkom om Alida Jooste te kontak by 011 907 0517 / 079 693 3666 of per epos by alida.jooste@ligstad.co.za .

Leave a Comment

Translate »