Ouerleidingskursus aangebied by Ligstad.

Het jy al ooit gewens dat jou kind met ‘n handleiding saam gebore is?  Daar is waarskynlik nie ‘n ouer op aarde wat nog nie ‘n soortgelyke wens gehad het een of ander tyd in sy/haar reis as ouer nie.  Ons kinders is elkeen ‘n unieke individu en selfs al het ouers die beste rolmodelle in die wêreld gehad as kinders, ervaar ouers uitdagings in hul ouerskap.  Daar is egter hoop as jy een van die ouers is wat hierbo beskryf word.

Ligstad bied ‘n kursus aan wat strek oor twee Saterdae.  Die kursus is baie prakties en fokus op die uitdagings in opvoeding ten einde ‘n  emosioneel gesonde kind groot te maak.  Die kursus word as ‘n eenheid oor twee Saterdae aangebied deur Alida Jooste, die maatskaplike werker van Ligstad, op Saterdag, 5 & 12 Mei 2018 (op 5 Mei van 09:00 tot 12:00 en op 12 Mei van  12:00 tot 15:00). Dit vind plaas by Ligstad op die hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord.  Almal is welkom en daar is geen kostes vir die aanbieding van die kursus nie, behalwe vir die koste van die handboek van R200.  Die bedrag is betaalbaar op die oggend van die eerste byeenkoms.  Ouerpare is welkom om net een boek tussen hulle te neem.

Om te registreer vir die kursus kontak Alida Jooste by 011 907 0517 / 079 693 3666.  Besprekings kan ook per epos gedoen word te   alida.jooste@ligstad.co.za, nie later as Woensdag, 2 Mei 2018 nie.

Leave a Comment

Translate »