‘n Kleurvolle Sonskyn dag van Samesyn.

Op Saterdag 10 Maart het die Ligstad personeel sowel as ‘n getal Ligstad-ouers byeen gekom vir ‘n baie spesiale geleentheid. Ons missie vir die dag, was om die speelgroepie se speelarea op te kikker. Almal het gretig na verfkwaste gegryp om hul kleurvolle bydrae te maak. Ons het 08:00 die oggend begin en teen 11:00, was verskeie klimrame, sowel as die speelarea se heining ‘n reënboog-agtige prentjie van prag. Vele hande het ligte werk beteken en ons wil vir elke ouer en personeellid wie hierdie dag met ons kom deel het, baie dankie sê vir hul hulp. Julle is werklik waardevolle lede van die Ligstad-familie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »