Hierdie is ‘n geleentheid vir reeds gekwalifiseerder beraders en vir mense wat graag beradingskwalifikasies wil bekom.
TPM is in sy suiwerste vorm is “Doelbewuste en gefokusde gebed met ‘n eg-persoonlike ontmoeting met die Teenwoordigheid van Jesus Christus as verwagte uitkoms”. Dit lei tot die vernuwing van die brein en gevolglik tot ‘n getransformeerde lewe.
Daar word beplan om hierdie 8 weke kursus aan te bied vir belangstellende fasiliteerders vanaf 3 Februarie tot 24 Maart 2018. Die opleiding sal by Ligstad aangebied word op die genoemde Saterdagoggende van 9:00 tot 12:00.
Die kursus word gratis aangebied deur Alida Jooste, maar elke kursusganger moet die handleiding aankoop (ongeveer R150 per stel) eenmalig.
Indien u belangstel in die kursus is u welkom om Alida Jooste (opleier) te skakel tydens kantoorure by 011 907 0517 / 079 693 3666.