Die Ligstad Reformasie 500 Konsert.

Kom geniet ‘n aand propvol pragtige klassieke musiek saam met Ligstad tydens ons Reformasie500 opvoering. Tydens die geleentheid kan u die klassieke genie van talle van ons land se talentvolste klassieke kunstenaars geniet. Die opvoering vind plaas op 29 Julie 2017, 18:30 vir 19:00. Vonkelwyn en verversings word na afloop van die konsert bedien. Kaartjies beloop R250 per persoon en kan bekom word deur Alida of Peter te skakel by 011 907 0517 of epos events@ligstad.co.za.

Leave a Comment

Translate »