Laerskool Randhart, ‘n goeie vriend van Ligstad.

Op 13 Junie het Laerskool Randhart die Ligstad kleuters besoek. Hulle het ook nie met leë hande opgedaag nie, maar met sakke vol slaapklere. Was dit nou vir jou vreugdevolle gesig, net soos Kersfees in die middel van die jaar. Ons kinders, ouers en onderwysers was verskriklik dankbaar vir hierdie goeie daad. Tot trane van blydskap was op tye gestort. Een van ons oumas het gerapporteer dat dit die eerste maal in haal kleinseun se lewe was, dat hy splinternuwe slaapklere ontvang het. Namens die Ligstad Direksie, bestuur, al ons kleuters sowel as hul ouers, wil ons vir Laerskool Randhart dankie sê vir hierdie wonderlike daad van liefde en omgee. Daar is min skole wie so baie omgee soos julle.

Leave a Comment

Translate »