Ligstad Kuns Akademie.

Ligstad oftewel die ou NG Feeskerk in Alberton-Noord ondergaan opwindende transformasie en uitbreiding as ‘n NPO. Op Sondag 4de Junie het die deure van die kerk weer soos van ouds oopgeswaai om Sondag dienste te hervat onder leiding van Jim Rosser. Verdere opwindende verwikkelinge van die kerk se dienste sluit in die begin van ‘n musiekskool. Verskeie talentvolle musiek onderwysers in Alberton is genader om te help en is gretig om musieklesse aan te bied onder die vaandel van Ligstad en onder leiding van Ilse-Louise Heroldt. ‘n Gedeelte van die lesgelde sal geskenk word aan die kerk om te help met wonderlike dienste wat deur Ligstad verskaf soos  Maatskaplike Dienste, Voorskool en Naskool sorgOnderrig in klavier, tjello, orrel, fluit, sang en saksofoon is maar net ‘n paar van die instrumente wat aangebied word in hierdie kreatiewe inisiatief.

Die meer gevorderde orrel lesse sal aangebied word op die oorspronklike ou orrel in die Kerkgebou wat onlangs ten volle gerestoureer is. Tesame met hierdie nuwe uitbreiding van die kerk se dienste word daar ook ‘n beurskompetisie aangebied wat ‘n talentvolle student ‘n jaar se onderrig sal borg. Die beurskompetisie en ‘n jaarlikse konsert vir alle studente van die Ligstad beloof om ‘n opwindende belewenis te wees en is gratis vir die lede van die publiek. Voorwaardelik ‘n gulde geleentheid vir jonk en oud om betrokke te raak by hierdie geïnspireerde onderneming! Vir meer informasie rakende die Musiek skool, skakel Ilse by 082 822 1345.

Leave a Comment

Translate »