Die Ligstad Paasfees uitreik 2017.

Op 13 April 2017, het die Ligstad kinders Paasfees gevier saam met lede van die Alberton Noord gemeenskap. Saam met paaseiers en Bybels, het die kinders ook T-hemde met ‘n baie spesiale boodskap uitgedeel. Johannes 3:16 was in die vorm van ‘n kruis op die T-hemde uitgebeeld. Die tema van die hemde het gehandel rondom die kleure swart, rooi en wit. Swart dui op die sonde waarin ons gedompel was, die rooi dui op Jesus se bloed wat vir ons gevloei het en die wit dui op die vergifnis wat ons ontvang het deur Jesus se opstanding. Ons wil vir Spectrum Screenprint in Alberton Noord baie dankie sê vir die hulp met die druk van die hemde, sowel as Laerskool Randhart vir die paaseiers wat aan ons geskenk is. Julle is en bly getroue vriende van Ligstad.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »