Ligstad Markdag – Goeie Tye!

Op 4 Maart het Ligstad sy tweede Markdag aangebied. Die reuk van ribburgers, pannekoeke, vetkoeke en vele meer het die lug gevul. Die Here het ons geseën met ‘n lekker warm oggend en orals was daar mense wie gelag en gesels het. Baie dankie aan almal wie die dag saam met ons kom geniet het. ‘n Spesiale dankie aan al ons Ligstad vriende wie weereens ingestem het om ons uit te help. Julle sowel as jul waardevolle insette, beteken die wêreld vir ons.

Leave a Comment

Translate »