Ligstad Markdag – 4 Maart 2017.

Saterdag 4 Maart 2017 is MARKDAG by Ligstad (09:00 – 14:00). Wat kan u verwag op die dag? Smaaklike pannekoek, liplekker ligte etes, vars- en tuisgebakte produkte sowel as handgemaakte items. Kom geniet die dag saam met ons en ondersteun die gemeenskap. Ligstad terrein (by die ou Moedergemeente), H/v Van Riebeeck laan en Gerrit Maritz straat, Alberton Noord. Vir meer informasie, kontak Andra by 082 896 4288.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »