Die Ligstad Na- en Voor-skool in 2017.

Ons wil vir al ons Ligstad kinders, ouers en vriende ’n wonderlike 2017 toewens.  Ons bid, glo en vertrou dat ons Hemelse Vader ons hierdie jaar op ’n pad van vreugde en sukses sal lei. Al kom daar ook tye waar storms om ons woed, weet ons dat die Here ons veilig en sterker as voorheen, ander kant sal uitbring. Dit is ook vir ons ’n groot eer, voorreg en plesier om ’n paar nuwe siele by ons span in te lyf. Die vrywilligers wie ons op ’n gereëlde basis kom uithelp by die voor-en na-skool, bly die ruggraat van ons operasie. Dit is hierdie pragtige mense wie ons help om gesonde groei by ons kinders te koester. Sonder hul hulp en bystand sou ons kinders die goeie vordering wat hulle tans ervaar, moeilik behaal het. Aan al ons vrywilligers, oud en jonk, baie dankie vir alles wat julle vir ons en ons kinders beteken.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »