Die Ligstad Kleuters hou konsert.

Die Ligstad voor-skool het hierdie jaar groot uitdagings kaf gedraf. Die hoeveelheid kinders wie ons moes akkommodeer het verdubbel, voor die ekstra klaskamers daarvoor op die been gebring is. Dit het Gerda Roestof (Hoof van Ligstad Voor-skool) en haar personeel min gepla. Hulle het bloot voort gegaan en die bul by die horings gepak.  Tussen deur die kleuters se streng, maar prettige opvoedkundige jaarprogram, moes hulle nog tyd inpas om hul danspassies in te oefen. Op Saterdag 26 November 2016 het die groot dag aangebreek. Die Ligstad saal was gepak met ouers wie gretig gewag het om te sien waarmee die kleuters hulself besig gehou het hierdie jaar. Almal se harte het gejuig van vreugde toe die klassies een na die ander op die verhoog verskyn om hul heupe rond te swaai. Na afloop van die konsert, was dit die graad R klas se beurt om die kollig te steel. Daar was amper nie ‘n droë oog in sig toe hierdie pragtige groepie kinders op die verhoog verskyn het in hul graduerings uitrustings nie. Hul ouers se borste het geswel met trots en breë glimlaggies was op almal se gesigte te vind. Gerda en haar span het die beste vir laaste gespaar. Met die hulp van die Papillon Fondasie en die Santa Shoe Box projek, was ons kleuters bederf met Kersgeskenke. Natuurlik sou ons nie ‘n suksesvolle dag kon ervaar sonder die hulp van ‘n paar Ligstad vriende nie. ’n Groot dankie gaan aan mr. Leon Steenkamp (Laerskool Generaal Alberts), Landie Mostert (Tiener dot com na-skool) en Deona Bernard (NG Kerk wes). Sonder julle hulp so ons kleuter konsert nie die groot sukses gewees het wat dit was nie.

Leave a Comment

Translate »