Ligstad beplan ‘n Kersmark vir die laaste Saterdag van November 2016. Kreatiewe handwerk entoesiaste wat ‘n mark soek om hul produkte voor die Kerstyd te verkoop word uitgenooi om kontak te maak met Andra Badenhorst om ‘n stalletjie te bespreek vir die verkoop van hul handgemaakte produkte op die dag.
Datum van Kersmark: Saterdag, 26 November 2016
Plek: Ligstad
Adres: H/V Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord
Tyd: 09:00 – 14:00
Koste per stalletjie: R 50
Vir stalletjie besprekings kontak Andra Badenhorst by 082 896 4288 of andra@ligstad.co.za