TPM Opleiding – Sertifikaatseremonie.

Tydens ‘n gesellige byeenkoms 16 Oktober 2016 is vier dames se hardewerk van 12 maande beloon toe hulle elke ‘n sertifikaat vir die voltooiing van die TPM (Transformation Prayer Ministry) fasiliteerders-opleidingskursus.

Hierdie dames gaan diens lewer in die Brackenhurst/Brackendowns area vanuit die NG Gemeente Brackendal.

Deur middel van TPM, gebedsberading, word emosioneel verwonde mense begelei in hul geestelike heelwordproses.  Daar word beoog om Januarie 2017 met die opleiding van ‘n nuwe groep fasiliteerders te begin wat as fasiliteerders kan optree binne Ligstad se beradingsprogram.  Indien daar ‘n kerkgroep of individu is wat belangstel in die opleiding, is hul welkom om Alida Jooste te skakel by 011 907 0517 / 079 693 3666.

Leave a Comment

Translate »