Dankie aan almal vir ‘n wonderlike Lente Orreluitvoering.

Op 11 September 2016 is die gemeenskap van Alberton bederf met die wonderlike klanke van orrel, trompet en stem toe ons die eerste uitvoering van die nuutgestigde Ligstad Kuns Akademie aangebied het.  Wat ‘n voorreg om tussen 80 en 90 gaste te verwelkom om die geskiedkundige geleentheid saam met ons te vier.

Die musiek was van uitstaande gehalte en die gesellige samesyn kon geen geld koop nie.  Hou die webblad en ons facebook blaaie dop vir toekomstige produksies.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »