Van drome na realiteite.

Om te droom is ‘n voorreg wat ons as volwassenes dikwels verwaarloos. Ons is so besig met ons lewens en beroepe dat ons baie keer nalaat om te droom.

By Ligstad sien ons elke dag hoe drome gemaak word en drome tot uitvoer kom. Ons sien nie net die drome in die kinders se oë nie, maar ook in die oë van die personeel, ouers en die res van die gemeenskap wat deur Ligstad bedien word.

Ons sien daagliks hoe die Liewe Vader ons drome laat waar word en ons staan verstom oor hoe bevoorreg ons is om die drome te sien realiseer. Ons drome word realiteite.  Dit wat     alreeds by Ligstad gebeur is suiwer vanuit die genade van die Vader moontlik. Ons het ‘n paar maande terug nog net oor alles gedroom, en nou is daar al verskeie drome wat al in in plek gestel is.

Ons kinders is opgewonde, ons personeel is opgewonde, die ouers van ons kinders, die res van die gemeenskap is opgewonde, die Direksie is opgewonde en die vriende van Ligstad deel in die opgewondenheid. Om ‘n opgewondenheid vir wat ons besig is om te doen te kweek was een van ons groot drome.

Die Koninkryk en Jesus Christus is en bly die middelpunt en hartklop van al die drome by  Ligstad. Alles wat ons doen is gemik om eerste alle eer aan die Vader te gee.

Ligstad se drome word realiteite. En nou droom ons nog groter. Jy word uitgenooi om saam met ons te droom…

Leoplod Dussing – Names die Direksiespan.

Leave a Comment

Translate »