God se hand van leiding by Ligstad.

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” – Jeremia 29:11.

God maak geen geheim van dít wat Hy vir ons lewens beplan nie. Alhoewel dit Sy wil is dat ons suksesvol moet wees, vereis dit dat ons Hom volkome moet  vertrou. Hierdie begrip is makliker om verstaan as om te glo, veral as die een onmoontlike situasie na die ander voor jou opduik. God gee nie vir ons doelwitte wat ons sonder Hom kan bereik nie. Nadat jou doelwit bereik is, sal jy kan terug kyk en die Here se hand duidelik daarin kan sien.

Almal by Ligstad is vir die afgelope paar maande deur ‘n proses waar ons onsself gereeld moes herinner dat God besig was met iets groot. Iets wat nie kon misluk nie, omdat Hy Sy hand van beskerming daaroor gehou het. Vandag kan ons met dankbaarheid terug kyk en God prys vir Sy genade. Ons dank Hom vir die mense wat Hy gestuur het om ons by te staan. Mense wat hul hart en hande oopgemaak het om ‘n spesiale visie ‘n werklikheid te maak. Ons nuwe klaskamers is voltooid en ons kinders ontvang reeds daarin onderrig. Nou bou ons verder en ons sal   aanhou bou, tot dat die Eeufeeskerk gereed en stampvol Christene is, wat die Here loof en prys vir dít wat Hy in elkeen van hul persoonlike lewens verrig het. Gerda Roestof – Hoof van Ligstad Voor-Skool.

Leave a Comment

Translate »