‘n Warm Winter in ‘n koue Alberton

Ons besef nie altyd hoe bevoorreg ons is om nags in ‘n warm bed te slaap nie en dít sonder ‘n maag wat skreeu van hongerte. As ‘n nie-winsgewende organisasie, sien Ligstad op ‘n gereelde basis net hoe swaar baie ons gemeenskapslede werklik kry. Natuurlik probeer ons altyd help waar ons kan, maar dis net met die hulp van donateurs soos Laerskool Randhart, dat ons ‘n beduidende impak kan maak binne ons gemeenskap. Op 9 Junie 2016  het ons vriende by Laerskool Randhart ons voorsien van slaapklere vir elkeen van ons kleuters. Mussies was geskenk deur die Wildekastaiing VLU tak sowel as Rina Knoetze en haar vriendinne by “God is Groot” groepie verbonde aan Ligstad. Dit als beteken dat ons kleintjies hierdie winter ‘n bietjie warmer gaan kan slaap. Dit herinner ons net weer daaraan dat God na ons omsien. Hy gebruik mense om Sy goeie werke te doen. Ons is baie geneig om net te fokus op dít wat fout is met die wêreld waarin ons leef, dat die goeie maklik geïgnoreer word. Daar is baie mense en organisasies hier in Alberton wat omgee vir hulle gemeenskap en altyd bereid is om ‘n handjie by te sit. Hiervoor wil ons baie dankie sê, want julle gee vir ons hoop in ‘n wêreld wat soms hopeloos voorkom. Gerda Roestof – Hoof van Voor-Skool.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »